Baden-Württemberg
| Landsvlag | Landswapen |
|---|---|
| (Besonderhede) | (Besonderhede) |
| Basiese gegewens | |
| Ampstaal: | Duits |
| Hoofstad: | Stuttgart |
| Gestig op: | 25 April 1952 |
| Volkslied (Landeshymne): | geen |
| Oppervlakte: | 35 748 km²[1] (3de) (31 Desember 2024) |
| Bevolking: | 11 245 898[2] (3de) (31 Desember 2024) |
| Bevolkingsdigtheid: | 315 inwoners / km² (6de) |
| BBP - Totaal (11de) - % Verandering teenoor vorige jaar - per inwoner |
2024 650,225 miljard €[3] 3,0% (2023) 57 819 € |
| Totale skuldlas: | 44,357 miljard €[4] (5de) (31 Maart 2025) |
| Skuldlas per inwoner: | 3 944 € (31 Maart 2025) |
| Werkloosheidsyfer: | 4,7%[5] (April 2026) |
| ISO 3166-2: | DE-BW |
| Amptelike webwerf: | www.baden-wuerttemberg.de |
| Politiek | |
| Eerste minister: | Cem Özdemir (Grüne) (sedert 13 Mei 2026) |
| President van die Landtag: | Thomas Strobl (CDU) |
| Regerende partye: | Grüne en CDU |
| Setels in die parlement (Landtag) (157 setels) (2021: 154 setels): |
Grüne 56 (2021: 58) CDU 56 (42) SPD 10 (19) AfD 35 (17) |
| Laaste verkiesing: | 8 Maart 2026 |
| Volgende verkiesing: | Maart 2031 |
| Parlementêre verteenwoordiging | |
| Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): | 6 (van 69) |
| Kaart | |
Baden-Württemberg (Duits: [ˌbaːdn̩ˈvʏrtəmbɛrk], ), amptelik die Deelstaat Baden-Württemberg (Land Baden-Württemberg, afkorting: BW), is 'n deelstaat in die suidweste van Duitsland. Dit grens aan die deelstate Rynland-Palts, Hesse en Beiere asook aan Switserland en Frankryk.
Baden-Württemberg beslaan die suidweste van Duitsland tussen die Bodenmeer in die suide en die Main-rivier in die noorde, die Ryn-rivier in die weste en die Beierse grens in die ooste.
Baden-Württemberg is ten opsigte van sy bevolking, oppervlak en ekonomie op drie na die grootste deelstaat van Duitsland.
Geskiedenis
Die deelstaat het ontstaan op 25 April 1952 deur die samesmelting van die drie deelstate Baden, Württemberg-Baden en Württemberg-Hohenzollern. In prinsiep sluit dit die gebied van die voormalige Koninkryk Württemberg, die voormalige Groot hertogdom Baden en die voormalige Hohenzollern in.
Geografie
Baden-Württemberg lê in Suid-Duitsland. Noemenswaardige riviere is die Ryn en Neckar. Groot stede is Stuttgart en Mannheim.
Streke
Administratiewe distrikte

Die administratiewe distrikte van die deelstaat (Duits: Landkreise) is (die area-afkortings word tussen hakies gegee):
|
|
|
Tot die gebied Konstanz behoort ook die eksklawe Büsingen am Hochrhein (BÜS) wat in sy geheel deur Switserse gebied Kanton Schaffhausen omring word.
Selfregerende stede
'n Aantal stede maak nie deel uit van enige administratiewe distrik nie en vorm selfregerende stedelike distrikte:
|
||
Munisipaliteite
Baden-Württemberg se administratiewe distrikte word verder onderverdeel in altesaam 1 101 munisipaliteite.
Die 100 stede van Baden-Württemberg het meer as 20 000 inwoners. Dit sluit die 9 stadsgebiede, al 88 groot stadsgebiede en die stede Eislingen/Fils, Rheinstetten en Waldkirch in. Die vernaamste groot stadsareas is:
Politiek
Regering
Die eerste minister (Duits: Ministerpräsident) is die hoof van die deelstaatsregering van Baden-Württemberg, wat uit ministers en staatsekretarisse bestaan. Al die eerste ministers sedert 1952:
- 1952–1953: Reinhold Maier (DVP)
- 1953–1958: Gebhard Müller (CDU)
- 1958–1966: Kurt Georg Kiesinger (CDU)
- 1966–1978: Hans Karl Filbinger (CDU)
- 1978–1991: Lothar Späth (CDU)
- 1991–2005: Erwin Teufel (CDU)
- 2005–2010: Günther Oettinger (CDU)
- 2010–2011: Stefan Mappus (CDU)
- 2011–2026: Winfried Kretschmann (Grüne)
- 2026–hede: Cem Özdemir (Grüne)
Susterstreke
| Susterstreke van Baden-Württemberg[6] | ||||
|---|---|---|---|---|
| Liaoning | 1982 | |||
| Jiangsu | 1986 | |||
| Ontario | 1987 | |||
| Kanagawa | 1989 | |||
| 1980's | ||||
| Swerdlofsk | 1991 (opgeskort) | |||
| KwaZulu-Natal | 1996 | |||
| Sint Petersburg | 1998 (opgeskort) | |||
| Moskou | 2007 (opgeskort) | |||
| Łódź | 2013 | |||
| Maharashtra | 2015 | |||
| Kalifornië | 2018 | |||
Landskappe

|
Ekonomie
Baden-Württemberg is die sentrum van die motorindustrie (Mercedes-Benz, Porsche, Robert Bosch GmbH, MWM) met verteenwoordiging in Stuttgart, Mannheim, Rastatt en Ulm. Vroeër was die horlosie-industrie in die Swartwoud (Schwarzwald) belangrik. Die tweede grootste binnelandse hawe van Europa is in Mannheim. In Walldorf is die grootste Duitse sagtewaremaatskappy (SAP).
Verwysings
- ↑ (de) "Fläche der deutschen Bundesländer im Jahr 2024". Statista. Desember 2024. Besoek op 13 Mei 2026.
- ↑ (de) "Bevölkerungsstand, Gebietsfläche und Bevölkerungsdichte (ab Gemeindeebene)". Statistisches Landesamt Baden-Württemberg. 31 Desember 2024. Besoek op 13 Mei 2026.
- ↑ (de) "Bruttoinlandsprodukt von Baden-Württemberg von 1970 bis 2024". Statista. November 2025. Besoek op 13 Mei 2026.
- ↑ (de) "Schulden der Bundesländer¹ in Deutschland am 31. März 2025". Statista. 31 Maart 2025. Besoek op 13 Mei 2026.
- ↑ (de) "Arbeitslosenquoten im April 2026 – Länder und Kreise". Statistik der Bundesagentur für Arbeit. April 2026. Besoek op 13 Mei 2026.
- ↑ (de) "Baden-Württemberg in der Welt". Land Baden-Württemberg. Besoek op 13 Mei 2026.
Eksterne skakels
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Baden-Württemberg. |
- (en) Toerisme-inligting oor Baden-Württemberg op Wikivoyage
- (de) Amptelike webwerf
- (de) Länderseiten Geargiveer 1 April 2004 op Wayback Machine
- (de) Lexikon Geschichte Baden+Württemberg Geargiveer 20 April 2008 op Wayback Machine
- (de) Dialekte in BaWü (Audio) Geargiveer 29 Oktober 2012 op Wayback Machine
- (de) Elektronische Fahrplanauskunft Baden-Württemberg
- (en) "Baden-Württemberg". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Mei 2026.
| Deelstate van Duitsland | |
|---|---|
|
| |
