Max Knoll
Max Knoll (17 Julie 1897 – 6 November 1969)[1] was 'n Duitse elektriese ingenieur en mede-uitvinder van die elektronmikroskoop. Knoll is in Wiesbaden gebore en studeer aan die Universiteit van München, Technischen Hochschulen in München en Berlyn-Charlottenburg, waar hy sy doktorsgraad aan die Instituut vir Hoëspanningstegnologie verwerf. In 1927 word hy die leier van die elektronnavorsingsgroep, waar hy en sy medewerker, Ernst Ruska, die elektronmikroskoop in 1931 uitvind.[2][3] In April 1932 sluit Knoll by Telefunken in Berlyn aan om ontwikkelingswerk op die gebied van televisieontwerp te doen. Hy was ook 'n privaatdosent in Berlyn.
Na die Tweede Wêreldoorlog het Knoll by die Universiteit van München aangesluit as 'n buitengewone professor en direkteur van die Instituut vir Elektrogeneeskunde. In 1948 verhuis hy na die VSA om by die Departement Elektriese Ingenieurswese aan Princeton Universiteit te werk.
In 1956 keer hy terug na München en raak betrokke by 'n reeks eksperimente by die Technische Hochschule, wat die opwekking van fosfene behels het deur die brein van homself en ander proefpersone elektries te stimuleer.[4] Hy het in 1966 afgetree.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Max Knoll | Science Museum Group Collection". collection.sciencemuseumgroup.org.uk (in Engels). Besoek op 24 Mei 2024.
- ↑ Freundlich, Martin M. (1963). "Origin of the Electron Microscope". Science. 142 (3589): 185–188. doi:10.1126/science.142.3589.185. ISSN 0036-8075. JSTOR 1712183.
- ↑ "Ernst Ruska - Autobiography". 16 Julie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2006. Besoek op 24 Mei 2024.
- ↑ Knoll, M.; Kugler, J.; Höfer, O.; Lawder, S.D. (20 Junie 2007). "Effects of Chemical Stimulation of Electrically-Induced Phosphenes on their Bandwidth, Shape, Number and Intensity". Confinia Neurologica. 23 (3): 201–226. doi:10.1159/000104299. ISSN 0010-5678.